|

EK VERRUIL DIT VIR NIKS NIE Dit is vir my so interessant om te sien hoe mense reageer op Suid-Afrikaanse emigrante. Elkeen het sy eie redes vir padgee, of dit nou jou eie droom is, onsekerheid oor die toekoms, 'n internasionale verplasing, of wat ookal, elkeen doen wat hy reken die beste is vir hom en sy gesin. Onthou, ons voorouers het na Suid-Afrika verhuis, en ons kan nie sê hulle was reg of verkeerd nie, want ons ken nie hulle presiese omstandighede nie. Ons kan praat oor reg en verkeerd, maar bly of trek rakende Suid-Afrika het niks daarmee te make nie. Indien dinge dramaties versleg in Suid-Afrika, sal daar sekerlik baie nuwes wees wat 'n rede sal hê om te trek. Kom ons laat elkeen doen wat hy voel hy moet vir sy/haar toekoms en probeer nie vir mekaar sê hoe om ons lewens te lei nie. Ons woon nou ongeveer tien jaar in die VSA en het ons eie verhaaltjie van swaarkry te vertel - 'n redelike dik boek. Die VSA is ook nie perfek nie, maar ons geniet dit vreeslik hier in Texas. Dis lekker om elke week saam met Suid-Afrikaanse vriende te gaan gholf speel, vleis te braai, kerk toe te gaan, ens., maar dis net so lekker om die Texas-kultuur te ervaar en tussen hierdie wonderlike mense te lewe. Ons kinders is eg Amerikaans, maar het die fondasie van die Suid-Afrikaanse opbrengs. Dis hartseer omdat dit nie alles in Suid-Afrika beskikbaar is nie, maar met gereëlde kuiertjies aan ons vaderland het ons die beste van beide wêrelde. Immigrasie is bitter moeilik, maar die lewenskwaliteit wat ons hier het, verruil ek vir niks anders nie. Johan de Waal - dewaals@aol.com
LOTS HAVE CHANGED? I am an ex Durbanite myself, from Overport/Sydenham area. I have been here in the US since 1994, have never been back "home" since. I heard lots have changed? I am interested in meeting fellow South Africans particularly Durbanites. Joseph Bright - straightouttaafrica@yahoo.com or Joseph228@msn.com
LEKKER VAN SUID-AFRIKA? Nou is ek so deurmekaar soos wat kan kom.(Voel amper soos die Transvaal rugbyspelers na hul drag slae in die Curriebeker eindstryd). My "deurmekaar" het niks te doen met die feesvieringe na die rugby nie.Is Kanada werklik die oplossing vir Suid-Afrikaners wat wil padgee om 'n beter heenkome te gaan vind?. "Soveel siele, soveel menings". Ek het ook die pad geloop en formeel aansoek gedoen om na Kanada te immigreer. Die aansoek is nou finaal afgehandel (medies ook) en ons behoort binne 4 weke in besit te wees van die nodige visas. Ons het dus maksimum 12 maande om te gaan! Is dit die onbekende wat my pla, tesame met die verhale van die wat reeds daar is en wat besig is met hul eie "struggle" of is dit die lekker van Suid Afrika - probleme te spyt - wat my laat huiwer? Net die tyd sal leer. Groetnis vanaf Jeffreysbaai. Deon Meyer - deonmeyer180@hotmail.com
BRAAIVLEIS Groetnis uit die atlantiese provinsie. Ek woon in New Brunswick, en wonder of daar nog Afrikaners agter die klippe wegkruip. Ek is baie lus vir 'n regte braaivleis en sal graag een wil rëel - kontak my. Anel - ameerholz@yahoo.com
TOEVALLIG
Hallo LEKKERBEK, heel toevallig hier beland via Die Knoop webbladsy! Baie geluk met 'n mooi net tuiste.
Lekker bly en seënwense hier van Londen - UK. *Espana arriba.Yo vivo en Abridge y me gusta vino tinto. Hasta la vista!
Louis Nel - ljnel@onetel.net.uk
GOED
Goed om van julle Suid-Afrikaners in Kanada te hoor. Ek hou jou LEKKERBEK dop.
Gerrie basson - mbgb@iafrica.com
TELEFOONKAARTE Ek lewer kommentaar op die artikel Top Wenke i/s die telefoonkaarte. Probeer ook die OLA kaart. Vir 5 Dollar kry jy net soos die "Sifa"-kaart, 28 minute. Maar vir 10 Dollar kry jy 78 minute. Die waarskuwing met al hierdie kaarte is dat daar is 'n administrasie koste is elke keer wat jy die kaart gebruik. Dus is dit beter om een kaart te gebruik vir net een oproep. Praat totdat die kaart klaar is. Jy kry 'n waarskuwing 1 minuut voordat jou praattyd verby is. Daar is heelwat klein winkels waar jy hierdie kaarte kan koop belasting vry. Blykbaar is dit ontwettig, maar dit is 'n ander saak. Daar is ook telefoon "prefixes" wat jy kan gebruik met jou gewone Bell telefoon. Die waarskuwing hier is dat jy moet rekening hou vir hoe lank jy gepraat het want hulle het 'n reputasie om jou meer te "charge" dan die tyd wat jy geneem het. Brian Truscott - bri.t@sympatico.ca

KANADESE AFRIKANERS
Ek sien ons het 'n tekort aan verteenwoordiging van ons provinsie...so hier is 'n klip in die bos - wil graag sien hoeveel Afrikaners uitspring! Dis 'n vriendelike plek en maklik om jou plekkie in die son...e...brrr...watookal, te kry. Ons is nou al 5 jaar hier en het al die suburbian traps - bloot met huis, stasiewa, kat en sweetpak. Dis 'n onkonvensionele huishouding met ma en ma en 4 tieners en 'n hele besigheid op die koop toe, maar dit werk. En ons voer ons boerewors in van Toronto! Die werfblad is 'n uitstekende idee...en gee gestalte aan iets relatief nuuts: Kanadese Afrikaners.
Wilma - wilma@newfoundland.to
DIE WAARHEID Dit was 'n lekker toevallige afkom op Lekkerbek vir ons. 'n Mens raak maar honger vir Afrikaans en Suid-Afrika se goeie dinge wanneer jy meer as 15 000 kilometer weg is van wat van te vore jou land en mense was. Die waarheid moet egter vertel word. ALMAL wat na Kanada toe kom is beslis nie gelukkig nie. Ek het wel na slegs 6 weke in Calgary werk gekry, maar dis waar die goeie dinge vir my opgehou het. Die mense in hierdie deel van die land - Alberta - is konserwatief en verkramp. Kanada is peperduur vir Suid-Afrikaners wat nog nie Dollars kon verdien nie. Een man waarvan ek gehoor het, is terug Indië toe na slegs drie maande hier - hy kom van 'n warm gedeelte in Indië. Toe hy een oggend hier wakker word en sy kar moes SOEK na 'n sneeustorm, is hy hier weg met die woorde: "I got scared when the winter came". Voorts is Kanada so vooruitstrewend dit bederf die mense en maak hulle "boring" en vaal. As dit nie vir Suid-Afrika se moord en doodslag was nie, was ek lankal terug... Renier, Calgary
JIPPIE! My Afrikaans was never too bright at school but wow, do I miss hearing and reading "the langauge"! Nice to read some Afrikaans here in Canada. Keep it up! Thanks! Roger Benjamin, Halifax
NEE! Ek het Lekkerbek se opname oor gay mense wat wil trou probeer met een knoppie te stem, maar my so verfoei en besef ek moet eintlik baie oor die saak skryf: Waarom wil gay mans nou tog met mekaar trou? Dis al jare lank nie vir hulle nie maar nou wil almal politiek korrek wees. Nee!, skree ek, dis tussen 'n man en vrou die huwelik gays het geen regte hier nie. Dis erg genoeg dat ons heeldag op die televisie vaskyk in gay stories in "Will and Grace"; "Ellen"; "Spin City"; "Picket Fences" en nog reekse en reekse. Waarom kan ordentlike Christelike programme nie vertoon word wat die gesin beskerm? Geen wonder die wêreld begin nou te val nie. Anoniem, Toronto

SKOON GEK Anoniem van Toronto is skoon gek om gay mense so te wil aanval.(Sien brief ondertoe). Hulle het in elke geval MEER gelyke regte in SA as in Kanada so ek weet nie waaroor hy/sy te kere gaan nie? Kanada moet sy sokkies optrek in hierdie saak, waarom moet die land in meeste opsigte voor wees maar in ander in 'n skuins hoek? As daar tv programme is wat hom/haar nie aanstaan nie, wat's fout met jou homofobiese vingertjie om die "af" knoppie te druk? Word wakker Anoniem, en net omdat LEKKERBEK in sy opening paragraaf sê "alle vorme vd lewe & sienings word op hierdie ruimte benader van alle kante", laat ek myself ook nou 'n uittartende laffard hou - miskien sal dit Anoniem aanpor om te dink : Anoniem 2- London
~~~
RAAD ASSEBLIEF Is daar dalk een van die 60 000 vorige Suid-Afrikaners wat nou in Oakville of Toronto woon wat 'n goeie paneelklopper vir my kan aanbeveel? Natuurlik asb nie 'n kroek wat my boonop my ore van my kop af gaan vra nie! Ek het pas hier in Toronto 'n krok van 'n karretjie gekoop - eintlik trek sy dertien jare enjin nog goed maar die liggaam is maar vrotterig van die roes en ek wil kosmeties wonderwerke laat verrig. Laat weet my asseblief! Afrikaanse lekker lekker groete.
Fanie - faniegreeff@yahoo.co.uk
VRIENDE
Dis 'n oulike webbladsy hierdie! Ek het onlangs gaan kuier vir vriende in Toronto en het dit vreeslik geniet. Ek bly nou in die VSA en verlang af en toe baie na ou SA! Ek's opsoek na enige ander gay Suid Afrikaners (Engels/Afrikaans/Zoeloe whatever! - maak nie saak nie), wat geïmmigreer het (na VSA of Kanada), vir email kontak en uitwisseling van avonture/stories in die "nuwe" wêreld! Skryf gerus aan: NLinCLTnc@aol.com Baie geluk met hierdie "Lekkerbek" webbladsy - hou so aan!
Ed
KANADA IS TAAI, MAAR...
Dit is lekker om Afrikaans te lees. Ek wil darem ook 'n inset lewer oor die brief op die "buiteblad". Ek stem saam dat dit moeilik is om goeie werk te kry in Kanada, maar indien jy bereid is om kontrakwerk te verrig - beskikbaar in meeste rigtings, is werk redelik beskikbaar. Permanente poste is skaars sonder ondervinding. Ek het binne twee weke 'n finansiële pos gekry (kontrak) en ses maande later 'n permanente pos. Woonstelhuur kan wel R50 000 beloop in Toronto, maar ek het 'n 4-slaapkamer huis gehuur in Bronte (Oakville), vir goedkoper. Die gemiddelde huishuur in 'n goeie woongebied is tussen 2000 en 2500 Dollar per maand. Sover dit 'n kredietkaart aan betref, het Scotia Bank my 'n kredietkaart gegee na 1 maand - alhoewel ek vir die eerste jaar 'n deposito by hulle moes belê vir die risiko. Dit het my gehelp om vinnig 'n kredietrekord op te bou.
Kanada is 'n taai land, en die mense wat met die eerste oogopslag na sissies lyk, kan nogal baie vat. Die mense is goedgemanierd en rustig, en baie hulpvaardig, maar die kultuur bly anders. Ons vind dat die Christian Reformed Churh die naaste aan die SA Afrikaanse (suster) kerke is, met die Presbiteriaanse kerke 'n bietjie verder in tweede plek. Is ons gelukkig met ons besluit? - beslis!Moet jy jou huiswerk doen en dit goed oordink - Ook beslis. Groete van huis en haard.
Arthur - abosua1@cogeco.ca
NIE SO BLEEK NIE
Nee a, die ekonomiese vooruitsigte vir Suid-Afrikaners in Kanada is darem nie heeltemal so bleek nie. En ek ken baie Suid-Afrikaanse dokters, maar nie een wat enige iets anders as "dokter" is nie. Die wêreld lê vir hulle oop as hulle die Kanadese toelatingseksamen slaag, en die noordelike deel van Kanada is net vir 'n paar jaar hulle voorland. Ons woon in Nanaimo op Vancouver Island en daar is kwalik 'n pragtiger plek. Ons dogter is 'n mediese dokter en sy het ons sowat 'n jaar gelede geborg. Groete.
Cathy Kotzé - piecatcan@aol.com
MCCT
Ek is gay en baie gelukkig om in Kanada te wees. Beste nuus ooit is die wonderlike gay vriendelike (alle mense vriendelike kerk!), wat ons in Toronto gevind het. Baie soos die NG Kerk maar meer kleurvol en sonder die verdoeming! Hulle webruimte adres is: mcctoronto.com Hierdie kerk het verskeie takke in Kanada en oor die aardbol, selfs in Johannesburg. Hier sal jy honderde nuwe vriende maak en groei as mens, dis verseker.
Frans du Toit
DIE MOOISTE PLEK
Ons is nou 'n jaar en ses maande hier in Kanada en woon nou in Vancouver. Wel, ek dink dit is die mooiste plek op die aarde en glad nie so duur nie - 'n twee slaapkamer woonstel is ook nie R50,000 soos daar geskryf is nie en glo my jy kan 'n kredietkaart kry binne 2 jaar.
Delean Van der Merwe - deleanvdm@hotmail.con
HARTSEER
Ek is so bly om in Kanada te woon en baie baie gelukkig hier. Ek word egter hartseer wanneer mense my kritiseer vanaf Suid-Afrika. Hulle dink alles is net fantasties hier, ek maak sakke geld (hulle maal dit net met sewe en vergeet heeltemal van my uitgawes), en als is goed vir my. Nie so nie. Veral in die begin het ek vreeslik depressief geraak. 'n Mens maak nie oornag vriende nie! Eensaamheid volg. Wat my die seerste maak is dat van my vriende in Suid-Afrika nou die houding het "sy woon nou aan die anderkant van die planeet, ons sal haar nooit weer sien nie, dis nie die moeite werd om ons vriendskap lewendig te hou nie". Dis nie waar nie! Wat van goedkoop eposse; briewe; selfs 'n enkele poskaart of self een maal 'n maand 'n kort oproepie?
Marlene - Montreal
"EK IS EINTLIK KWAAD"
Ek het toevallig op Lekkerbek afgekom en is vies, nee, ek is eintlik kwaad. Eers verlaat julle wonderlike Suid-Afrika of sal ek "verraai" gebruik. Dan wil julle nog 'n Afrikaanse internetruimte gebruik om in Afrikaans te kerm oor julle verlangenisse, ens! Word wakker, soos Amerika is julle arrogant. Belangrikste is, "when in Rome do as the Romans do", waarom tyd mors met 'n plek soos Lekkerbek? Jy is nou in 'n nuwe land, praat daai taal.
Bertus Fourie, Bloemfontein

JY SAL NOOIT VERSTAAN NIE
Liewe Bertus van Bloemfontein. Jong, ek kan verstaan dat jy en ander Suid-Afrikaners in Suid-Afrika dalk keelvol is van mense wat kla dat hulle verlang hier vanuit die buiteland, maar totdat jy nie self hier gebly het nie sal jy nooit verstaan nie. Mens moet uiting gee aan jou diepste gevoelens, dit kan nie anders nie. En ongelukkig beteken dit om vir ander Suid-Afrikaners hier en in
Suid-Afrika te vertel hoe jy voel. Baie groete
Odell Loubser, Victoria, Kanada - oloubser@yahoo.ca
~~~
GROETE
Groete uit sonnige Suid-Afrika. Ek rits saam met julle blad in die wêreld rond en wil net eg Suid-Afikaanse groete oordra. Dit gaan nog goed hier en baie van ons droom nog groot drome vir ons land - dus nie net negatief nie. Groetnis.
Antonie van Niekerk - antonie@lantic.net
GRAPPIES
Jou mense sal seker graag wil hoor van my gratis oorspronklike grappies in Afrikaans en Nederlands een maal per week per e-pos. Dis volkome gratis en daar is geen vangplek nie. Ek het reeds 1 600 tevrede inskrywers. Gaan na :http://www.geocities.com/grieselg
Gerhard Griesel
GELUKKIGE KANADESE
Lekker om te hoor van gelukkige Kanadese. Ons is nou reeds meer as 2 jaar in Sydney, Australie en soos enige migrerende wese, deur die soet en suur. Die vreemde raak 'n tuiste sodra die mense jou
aanvaar. Ons woon in 'n aangename gemeenskap met soveel kulture soos wat laaste aan die toring van Babel gebou het. Ons Suider-Afrikaanse groep is ook aan die groei en dit is vir my kosbaar om te sien hoeveel van ons steeds erkenning aan ons oorsprong gee, maar heel goed integreer. Mag die diaspora van Afrikaans voortwoeker - ons het beslis 'n positiewe bydrae te make, waar ons ook al op die planeet geplant word.
Fanie Gouws - fanas@bigpond.com
 
WELCOME FRONTPAGE "VOORBLAD" IMMIGRATION PROPERTY NEWS 24/7 LETTERS PROFILE HEARTBEAT YOUR VIEWS BITS & PIECES STATISTICS TOP TIPS "BESTE WENKE" "SON EN SKADU" "IS DIT KUNS?" MORE LETTERS / BRIEWE LINKS CONTACT SMOOTHTALKER / KONTAK LEKKERBEK
|
|
|